DIE STORIE VAN DIE GENERAAL
DIE IDEE
Hierdie uitnemende brandewyn vind sy ontstaan in die vriendskap tussen Bok en Delarey, 'n direkte erfgenaam van dié Generaal.
Ons wil graag met hierdie brandewyn nie net 'n genotvolle drankie verskaf nie, maar ook die kernwaardes waarvoor Generaal De la Rey gestaan het, naamlik: vreesloosheid, vredemaker, Godsman en familieman met die hart van 'n Boer, oordra aan almal wat inkoop in die idee en saam hierdie opwindende reis wil aanpak.
DIE SPAN
Bok van Blerk: Ikoniese sanger wat die Afrikaner saam op 'n reis neem en die patriotiese hartsnare roer. Sy grootste treffer “ De la Rey” is in 2007 vrygestel.
Delarey Brugman: Innoverende entrepreneur met 'n hart vir dit wat saak maak: Die geskiedenis van Generaal De la Rey, dit waarvoor hy gestaan het en om elke dag n bydrae te lewer. Soos die Generaal is hy 'n “manwatkan”.
André Cronjé: As 'n ywerige bemarker het hy ook die laaste woorde van die general: ” Dis Raak” se waarde besef en dit omskep in die slagspreek van De la Rey Brandewyn. Hy is 'n afstammeling van Generaal Piet Cronjé en voel dat hy moet regmaak waar sy voorvader verbrou het ten opsigte van sy ondersteuning aan Generaal De la Rey.
DIE PROSES
Die idee is oordink en na vele gesprekke is daar besluit dat dit lewensvatbaar is.
Die proses lyk as volg: Praat met Bok - Bok hou daarvan - oordink dit – konsulteer – kry verskaffer van höe gehalte brandewyn – begin proe - kry grafiese ontwerper vir etiket - proe nog – kies top 5 etikette – proe weer – kry top 3 etikette – proe verder – besluit op etiket – kry bottels en proppe – proe saam met meer mense – besluit op beste brandewyn – bemark – verkoop - verkoop uit - maak weer - en weer - en weer!!
DIE PRODUK
Potketel gestookte versnit, 3 jaar verouder in eikehoutvate, Brandewyn met sy eie treffer lied.